1. Babalappies: Wie sê jy kan dit net gebruik wanneer jy doeke omruil? Dit is ook wonderlik om grimering en vlekke te verwyder, of om skoene skoon te maak. Dit kan selfs die pyn verlig wat deur sonbrand veroorsaak word. Klik hier vir nog 15 gebruike.
  2. Babapoeier: Hierdie towerpoeier is ’n wonderlike alternatief vir droë sjampoe (vir mense en troeteldiere!) en jy kan ghriesvlekke daarmee verwyder. Jy kan dit ook op jou lakens of voete sprinkel om dit lekker te laat ruik. Dit werk ook wonderlik om ná ’n dag by die strand die sand van jou lyf te verwyder!
  3. Babasjampoe: Jy kan dit gebruik vir jou delikate items en dit wat net met die hand gewas moet word. Dit verwyder ook opgehoopte grimering wonderlik.
  4. Baba-olie: Jy gaan nie glo hoeveel gebruike hierdie produk het nie. Nie net help dit met droë vel nie; dit voorkom ook rekmerke en laat vleklose staal pragtig blink. Klik hier vir nog kreatiewe idees.
  5. Babakospotjies: Gebruik dié potjies om boute, skroewe of selfs los kruie te stoor. Dit is ook baie nuttig vir kunsvlytprojekte soos votiewe of papiergewiggies.
  6. Babaroom: Wanneer jou leer sy glans verloor, moet jy nie baie geld bestee deur dit te vervang nie. Voeg net ’n paar druppels babaroom by, maak dit versigtig met ’n sagte lap skoon en laat dit droog word. Jou leeritems gaan splinternuut lyk.
  7. Vaseline: Daar is so baie gebruike vir Vaseline – wend dit aan op gebarste lippe of droë kolle vel, of gebruik dit om grimering te verwyder. Een van ons gunstelinge is om dit met ’n gegeurde mengdrankiepoeier te meng vir ’n lipleklekker lipglans! Klik hier vir nog gebruike.
  8. Doekroom: Ja, dis swaar, ruik aaklig en is ’n pyn wanneer dit jou klere vlek, maar dié room verrig wonderwerke met vel. Gebruik dit as ’n nagroom om puisies uit te droog, met jeukerigheid te help of om inflammasie van ’n insekbyt te verlig.
  9. Slaaptyd-badborrels:  Die lieflike borrelgeure is nie net om babas aan die slaap te sus nie, soms moet SuperMa’s ook ’n bietjie kalmeer.

- Janine Nel

Bronne: examiner.com, babycenter.com, themotherlist.com, christinaloves.com, fustany.com

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.