As jy nog vir oulaas jou eks wil treiter, bied die San Francisco Dieretuin nou aan jou die geleentheid.

Waar jy gewoonlik diere soos leeus of pandas kan aanneem, kan jy nou in ’n spesiale Valentynsdagpromosie ook ’n skerpioen of ’n kakkerlak aanneem.

Vanaf $50 (amper R600) vir ‘n skerpioen of $25 (amper R300) vir ’n kakkerlak, kan jy die dier aanneem en die dieretuin sal ’n sertifikaat aan jou eks stuur om te sê dat jy die gedierte in sy of haar naam aangeneem het.

Nie net help jy om geld in te samel vir ’n dierspesie wat nie gewoonlik aandag geniet nie, maar jy neem darem nog vir oulaas so bietjie wraak.

Bronne: San Francisco Zoo webtuiste, Yahoo.com