Die Het Arresthuis-tronk was eens op ’n tyd een van Nederland se berugste gevangenisse, maar die 105 selle is omskep in 40 luukse kamers met lugverkoeling, platskerm-TV’s en gratis Wi-Fi, berig die Daily Mail.

Die tronk is in 1862 in gebruik geneem, maar het enkele jare leeggestaan voor dit in 2002 heropen is. Net vyf jaar later is die tronk opnuut gesluit sodat bouwerk kon begin.

Maar dié tronk is nie die eerste wat in ’n hotel omskep word nie. Die Jailhotel Löwengraben in Luzern, Switserland, het in 1998 ’n hotel geword.

-Bang Showbizz