Jip, ons het almal gedink die pragtige Naya geniet haar lewe as enkelloper nadat sy en die rapper Big Sean (26) drie maande gelede uitgemaak het. Toe verras sy almal en trou met ’n ander ou!

Die 27-jarige aktrise is in Cabo voor ’n klein groepie vriende en familie met die akteur Ryan Dorsey getroud.

Die paartjie het aan die tydskrif People gesê: “Ons voel werklik geseën om man en vrou te word. Ons spesiale dag was so bestem en dit was alles waaroor ons kon droom.”

-Janine Nel