dronkwrum

Navorsers het ’n wurm ontwikkel wat nie dronk kan word nie.

Navorsers by die Universiteit van Texas se College of Natural Sciences in die suidweste van die Verenigde State werk saam met die Waggoner Centre for Alcohol and Addiction Research en het die skokontdekking gemaak terwyl hulle behandeling vir alkoholverslaafdes nagevors het, berig die koerant The Mirror.

Jon Pierce-Shimomura, die skrywer van die studie, het gesê: “Ons het dit gelukkig getref en het ’n manier gevind om die kanaal ongevoelig vir alkohol te maak sonder om sy normale funksionering te affekteer.

“Die navorsing kan selfs gebruik word om eendag ’n ‘James Bond’-pil te ontwikkel. ’n Spioen kan sy opponent onder die tafel indrink sonder dat hy self dronk word.”