Naomi Watts sou graag met prinses Diana wou vriende gewees het.

Die aktrise het die rol van die prinses in die eerste groot Hollywood-fliek oor haar lewe genaamd, Diana, gespeel. Naomi het glo haar huiswerk oor Diana deeglik gedoen en sy voel glo dat hulle twee regtig goed oor die weg sou kom.

Sy het gesê: “Ek het in Engeland groot geword en onthou hoe ek haar troue met Charles op TV gekyk het. Toe ek na Australië getrek het toe ek 14 was, was daar egter nie voortdurend dekking oor haar nie, maar sy was tog steeds gereeld in die nuus. Ek het definitief geweet van haar verliefdheid op Hasnat Khan.

“Ek was natuurlik geskok en hartseer toe sy dood is. En toe ek navorsing vir die rol gedoen het, het ek agtergekom ek sou regtig graag met haar vriende wou gewees het.”

Die 44-jarige aktrise sê haar seining oor Diana het verander soos sy vir die rol voorberei het, en sy was veral beïndruk met die prinses se sterk persoonlikheid.