Behati is glo 3 – 4 maande swanger, berig E! News. Lees ook: Bobby van Jaarsveld wys sy klein prinses, Armani – kyk dié skattige foto! Adam het al geskerts dat hulle sommer ’n hele spannetjie kleingoed wil hê. “Sy weet wat die kleinding se geslag gaan wees en is baie opgewonde daaroor,” het ’n bron aan E! verklap.

Die paartjie het in 2014 in Meksiko die knoop deurgehaak en het toe al laat val dat ’n gesin beslis in die vooruitsig is.

Lees ook: 7 koninklike kleingoed sal jou hart vermurwe

“Ek wil 100 kinders hê. Ek wil meer kinders hê as wat sosiaal aanvaarbaar is,” het hy destyds geskerts.

Maar nou ja, mooier kleingoed kan ’n mens beswaarlik verwag. Nié net is daar Behati se smeulende skoonheid nie, Adam is in 2014 as People se sexyste man wat leef aangewys.

Bronne: Eonline.com; People.com; Vogue.co.uk; Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com

Beïndruk motorgeesdriftiges as jy weet SA se Motor van die Jaar is . . .

Ma takel stigma: ‘My dogter is meer as net die geboortemerk op haar gesig’

Kyk net! Kaalbas Sharon Osbourne herskep Kim K se naakselfie

‘Dit is net God se genade’: Tweejarige terug by die huis ná boetie hom uit swembad red

Kyk: Oscar Pistorius se eks is smoorverlief!