Twee mense, ’n vrou en haar beweerde minnaar, is Vrydag dood ná ’n tragiese skietvoorval in die Skukuza-ruskamp in die Nasionale Krugerwildtuin.

Die polisie is Vrydagmiddag net na drie na die kamp ontbied nadat ’n polisielid sy lewensmaat en ’n man wat glo haar skelmpie was, doodgeskiet het.

Die polisieman het eers vir William Kohanjilo, ’n kontrakwerker by die kamp, geskiet waarna hy na sy woning in die personeeleenhede gegaan het en sy lewensmaat, Zinthle Mazuku, geskiet het. Albei is op die toneel dood. Die polisieman is daarna aangekeer. Hy is na ’n nabye hospitaal geneem vir waarneming en sal na verwagting Maandag in die Bushbuckridge landdroshof verskyn. Die Kurgerwildtuin het ook die nuus in die sosiale media bevestig.