Die polisie stel ondersoek in na ’n moontlike moord en selfdood ná ‘n man en vrou Vrydagoggend dood gevind is by die Glenfair-winkelsentrum in Lynnwood, Pretoria-Oos.

Kapt. Ilze Jones het bevestig dat die oorledenes Susan Meadon (64) en Bartho Jacobs (34) is. Luidens berigte is Bartho Susan se stiefskoonseun.

Hul liggame is ontdek toe Barclay & Clegg-personeel Vrydagoggend met hul aankoms die winkel gesluit gevind het met die sleutel nog in die deur.

Die vermoede bestaan dat daar ’n rusie was wat tot die skietdood van beide Susan en Bartho gelei het.

Nog ’n winkelbestuurder, wat verkies om anoniem te bly, het glo Donderdagmiddag laas vir Susan gesien. Susan het na bewering uitgesien na ’n wegbreek saam met ’n geliefde.

Bronne: citizen.co.za, recordeast.co.za, news24.com