“Daar is geen klag gelê nie, dus ondersoek ons dit nie,” het hy gesê.

“(Dit) het geen betrekking op sy verhoor nie.”

Volgens die Pistorius-familie se woordvoerder, Anneliese Burgess, was die atleet in die BBP-deel van die nagklub in Sandton toe ’n man hom nader.

Die man is intussen geïdentifiseer as Jared Mortimer, ’n sakeman van Johannesburg. Hy het Oscar “aggressief begin invra oor sake rakende die verhoor”, het Anneliese gesê

Die Paralimpiese atleet staan tereg weens moord nadat hy sy meisie, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag verlede jaar deur ’n geslote badkamerdeur in sy huis in Pretoria doodgeskiet het. Hy beweer hy het haar vir ’n inbreker aangesien.

Die staat beweer hy het haar tydens ’n rusie geskiet.

In Dinsdag se uitgawe van The Star het Jared beweer Oscar het pres. Jacob Zuma en sy eie vriende beledig, wat tot ’n onderonsie Saterdagaand gelei het.

“Ek het persoonlik beledig gevoel omdat ek goeie vriende met ’n lid van die Zuma-familie is,” het hy gesê.

Jared beweer Oscar was dronk en het hom met sy vinger in die bors gedruk terwyl hulle gepraat het. Hy het Oscar gestoot en dié het agtertoe oor ’n stoel geval.

- Sapa