Het die wilde loot van die Britse koningshuis sy moses tee¨gekom? Prins Harry en Cressida Bonas is al verloof, beweer sommige bronne, en as ’n mens dit kan glo, kan ons voor einde vanjaar ’n aankondiging oor nog ’n bloubloedtroue te wagte wees.

Harry voor die kansel? Sal dit nou nie ’n prentjie wees nie!

Cressida is klaarblyklik glad nie afgeskrik deur die stout prins se omstrede kaalbas­ foto’s tydens daardie wilde naweek verlede jaar in Las Vegas nie (Harry die prikkelprins, 6 September 2012). Trouens, Harry se stre­ke het die 24­-jarige blondekop net nog ver­sotter op hom gemaak, verklap vriende.

Lees Lara Atson se artikel in Huisgenoot 19 September 2013 oor die teenkanting wat Harry van sy skoonsus kan verwag