Wanneer jy met Nádine wil gesels, ontmoet sy jou altyd by dieselfde koffiewinkel. Sy gaan sit by dieselfde tafel waar sy altyd sit en gooi ekstra suiker in haar glas ystee. Soos altyd.

“Dis die besigste jaar van my loopbaan,” vertel sy. “En dis nou eers die eerste kwart van die pad…”

Werk is egter nie al wat in die gewilde sangeres se lewe aangaan nie. Daar’s ook ‘n vonkel in haar oë. Nádine is verlief.

Lees Martie Swanpoel se nuutste onderhoud met Nádine en vind uit oor die sangeres se nuwe liefde in Huisgenoot-Tempo wat nou op die rakke beskikbaar.

Volg Huisgenoot op Twitter.