Die afgelope naweek het daar weer 'n foto opgeduik wat gissings rondom iets meer as bloot vriendskap tussen dié twee net verder stook.

'n Foto waar Derick en Nádine saam met aanhangers poseer, is tydens ’n vertoning by die Hedgehog’s Nest in Rustenburg afgeneem.

Onderaan die foto het ’n aanhanger geskryf die voormalige rugbyspeler van Pretoria het die hele vertoning bygewoon.

Nádine en die gewilde Idols-deelnemer Andriette het Vrydagaand as deel van Vrouemaand die verhoog gedeel. 

“Rustenburg show vanaand - DANKIE! Wat n aand!! Die mense ini gehoor - julle het my hart vrolik gemaak en voete lig! Die Hedgehog's Nest span is net fantasties! Ek wil weer!,” het Nádine Saterdag op haar Facebook-blad geskryf. 

Intussen het Nádine reeds weer koers gekies Namibië toe.

Nádine en die Belg, Hugo Foets, wat ook haar bestuurder was, is ná agt en half jaar uitmekaar. Daarna het haar verhouding met die Olimpiese swemmer Gerhard Zandberg op die rotse beland.

Derick het aan Huisgenoot gesê dat daar iets spesiaal tussen hom en Nádine broei, maar wat dit is weet hulle nog self nie.

Derick en Karlien van Jaarsveld het op 24 Augustus 2016 aangekondig hulle gaan skei. Karlien het intussen met die rugbyspeler Joe Breytenbach getrou.