Die aktrise en televisie-aanbieder Nadia Beukes straal behoorlik enkele dae voor haar groot dag. Dié voormalige Boer Soek 'n Vrou-aanbieder gaan Saterdag afhaak in die dorpie Wakkerstroom in Mpumalanga. “Laaste fliekaand (#movienight) as enkellopendes met @nadiabeukes,” was sy woorde.

Nadia, wat deesdae ook die rol van die sportsielkundige Iva in Getroud Met Rugby vertolk, en David, ’n sakeman van Pretoria, is sedert Januarie verlede jaar ’n paartjie.

Hulle het deur gemeenskaplike vriende ontmoet terwyl sy een van die hoofrolle in die musiekblyspel Liefling by Montecasino vertolk het.

Nadia het hom vroeër aan Huisgenoot beskryf as ’n groot steunpilaar met baie begrip vir wat sy doen. “Hy is nie geïntimideerd deur die bedryf waarin ek werk nie. Ons vul mekaar goed aan. Ek leer by hom baie van sake, en ek dink ek bring weer die sagte kant in hom na vore.

[caption id="attachment_115582" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

“Ons het dieselfde humorsin, hou albei van kuns en goeie kos en familie is vir ons albei baie belangrik... Hy is sjarmant en goedhartig en beslis iemand wat die groter prentjie in gedagte hou.”

Baie geluk met julle groot dag, Nadia en David!