[caption id="attachment_79054" align="aligncenter" width="600"]Foto: Hanri Human Foto: Hanri Human[/caption]

Die pragtige foto’s van Nadia is ’n paar uur gelede op Facebook gelaai. “Ek het die fotosessie vir Wooden Lace gedoen omdat ek mal is oor al hul bykomstighede. Ek dra ook rokke van my gunsteling-ontwerper, Vesselina Pentcheva, in al die foto’s. Ek is mal oor haar klere. Dis so klassiek en romanties. Dit herinner my aan outydse Hollywood-glans. Dié rokke het baie goed gepas by Wooden Lace se bykomstighede. Die blommekransie is ook hulle s’n. Die fotosessie het my ’n bietjie laat voel soos ’n karakter in Shakespeare se A Midsummer Night's Dream,” vertel Nadia opgewonde.

Sy is ’n regte meisie en is mal daaroor om haarself op te tof. “Ek sal nooit ’n kans laat verbygaan om mooi aan te trek nie, om soos ’n prinses te voel. Dié fotosessie was groot pret. Ons is nou besig met opnames vir Boer Soek ’n Vrou en ek is die hele dag tussen stofpaaie; dit was ’n lekker afwisseling. Ek dink elke vrou moet so ’n kans gegun word om haar vroulikheid aan te gryp en te geniet,” sê sy terwyl sy juis op een van daai stofpaaie staan.

Boer Soek ’n Vrou word van 9 Oktober op kykNET uitgesaai.

“Ek geniet dit baie om die program aan te bied. Ons is amper klaar met vandag se opnames. Dan sit ek af Kaap toe vir die naweek se Huisgenoot-Skouspel, en ek gaan weer een van Vesselina Pentcheva se rokke dra. Ek kan nie wag vir al die glans en swier nie. Hoop ek sien julle daar.”

[caption id="attachment_79055" align="aligncenter" width="480"]Foto: Hanri Human Foto: Hanri Human[/caption]

Fotograaf: Hanri Human

Grimering: Alecia Joubert van Ubella

Hare: Pieter Coertze

Klere: Vesselina Pentcheva

Foto’s geneem by Bio of Dreams