Sy ouderdom is aanvanklik as 48 aangedui, maar intussen het dit bekend geword dat Darren Osborne 47 jaar oud is. Hy is ’n pa van vier en afkomstig van Cardiff in Wallis.

Nadat Osborne deur omstanders op die toneel getakel en onder beheer gehou is, het imam Mohammed Mahmoud die woedende omstanders versoek om hom nie aan te rand nie, maar eerder aan die polisie oor te laat.

Die polisie vermoed Osborne het alleen opgetree maar is besig met hul ondersoek na dit wat tot die skokkende voorval aanleiding gegee het.

Behalwe dat hy van aansporing tot terreur insluitend moord aangekla word, is die klag verder uitgebrei na die onderneming en voorbereiding van terreur en poging tot moord.


Sy bure is verstom. Dave Ashford (52) het aan The Guardian gesê iemand het hom gebel en gesê dis Darren. “Ek het gesê ‘dit kan nie wees nie’. Toe sien ek sy foto op die nuus en het gesê dit is hy.”

Pauline Tibbs (48) het dit as ’n geweldige skok vir haar beskryf. “Ek sien hom in die straat stap, maar het nooit met hom gesels nie.”

Bronne: rt.com, theguardian.com, bbc.co.uk