[caption id="attachment_132987" align="alignnone" width="600"]Donald Trump en sy omstrede vrou, Melania, verskyn op NBC se Today Show. Foto: Dennis Van Tine/Future Image/WENN.com Donald Trump en sy vrou, Melania, verskyn op NBC se Today Show. Foto: Dennis Van Tine/Future Image/WENN.com
[/caption]

Vergeet van die onlangse plagiaatskandaal toe sy amper woord vir woord ’n ou toespraak van die huidige Amerikaanse presidentsvrou, Michelle Obama, gebruik het in een van haar toesprake.

Die amper-presidentsvrou haal al weer die hoofopskrifte. Dié keer oor ’n stomende naakfotosessie wat sy 21 jaar gelede vir ’n Franse manstydskrif gedoen het.

Die tonge klap omtrent, want een van dié sexy foto’s – en dit nog met ’n ander vrou – pryk nou op die Amerikaanse New York Post koerant se voorblad. En dis nie al sexy foto wat hulle publiseer het nie.

Ons wonder hoe haar landgenote voel oor die feit dat hulle dié Sloweensgebore oud-model, wat dalk in November presidentsvrou kan word, in al haar naakte glorie kan sien!

Lees ook: Michelle Obama en Melania Trump: Wie’t dit die beste gesê?

Die rits sexy foto’s is in 1995 geneem, drie jaar voor sy Donald (nou 70) ontmoet het. Die Franse modefotograaf Jarl Alexandre Alé de Basseville het dié smeulende kiekies oor twee dae in Manhattan geneem sy 25 jaar oud en nog bekend was as Melania Knauss. Sy het toe nog modelwerk onder die naam “Melania K” gedoen.

Van die foto’s het die tydskrif Max Magazine gehaal, wat nie meer bestaan nie. Ander is nooit gedruk nie . . . natuurlik tot nou.

In een van dié sexy foto’s lê Melania in haar Evasgewaad in ’n bed terwyl die Skandinawiese model Emma Eriksson, wat ook naak is, haar van agter af vashou.

In nog ’n foto dra Emma sykouse, ’n sexy stywer skouerlose toppie, hoë hakke en ’n lang kamerjas van die Britse modeontwerper John Galliano terwyl sy met ’n sweep in die hand reg staan om Melania te piets. In dié foto het sy darem klere aan.

Dié foto’s beeld “skoonheid en nie pornografie uit nie”, sê Jarl.

Die fotosessie is onder meer deur Renaissance kuns inspireer en Melania was baie professioneel en glad nie ongemaklik op stel nie, vertel een wat daar was.

“Sy het heeltyd geglimlag, het ‘n baie aangename persoonlikheid gehad en was beleefd en baie goed opgevoed.”

Van die foto’s is in die Januarie 1996 uitgawe van Max Magazine gebruik. Die Amerikaanse supermodel Cindy Crawford was toe op die voorblad.

In een foto wat Jarl geneem het pruil Melania vir die kamera terwyl sy in net hoëhakskoene pryk. Hy is baie trots op die foto’s, sê hy, want dit vier Melania se skoonheid.

Lees ook: Donald Trump twiet oor Oscar Pistorius

Sy het juis op 17 wêreldroem verwerf nadat sy ’n fotosessie met die befaamde fotograaf Stane Jerko gedoen het. Sy het toe ’n kontrak met ’n modelagentskap in die Italiaanse stad, Milaan, losgeslaan.

Dis nie die eerste keer dat sy kaal poseer het nie. Sy het in 2000 ook kaal poseer vir die Britse tydskrif GQ in net haar Evasgewaad en met handboeie aan ’n aktetas vasgemaak vir ’n fotosessie op Donald, toe haar kêrel, se Boeing 727.

Die jongste kaalfotoskandaal wat nou kop uitsteek pla Donald, die pa van haar 10-jarige seun, Barron, min.

“Melania was een van die suksesvolste modelle en sy het baie fotosessies gedoen, ook vir voorblaaie en groot tydskrifte. Dit was ’n foto wat vir ’n Europese tydskrif geneem is voor ek Melania geken het. In Europa is foto’s soos dié baie modieus en algemeen,” sê hy. Ons wonder of sy landgenote saamstem…

Bronne: Nypost.com; Mirror.co.uk; Express.co.uk