Die 15-jarige Tylor Baker is een van die 3 uit elke 10 000 kinders wat jaarliks wêreldwyd sonder ore gebore word.

Maar sy lewe het Woensdag ten goede verander nadat dokters by die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad vir hom prostetiese ore aangeheg het. Dit is die eerste keer dat die operasie by Groote Schuur uitgevoer word.