Die Wanted-aktrise het aanhangers op 19 September verstom toe sy by monde van haar prokureur, Robert Offer, sê sy wil haar huwelik van twee jaar vir “die welstand van haar gesin” beëindig.

Dit het daarna uitgekom die paartjie het glo gestry oor Brad se ouerskapstyl ná ’n voorval op 14 September met hul kinders op ’n privaat vlug uit Frankryk na Los Angeles. Dit het daartoe gelei dat die FBI en polisie in Los Angeles ’n ondersoek na kindermishandeling begin het.

Die vervreemde paartjie het verlede maand ’n tydelike toesigooreenkoms bereik en Angelina is volle toesig oor hul ses kinders toegestaan en Brad het besoekreg.

Die eerste van sy besoeke, wat deur ’n terapeut gemonitor is, was Saterdag. Brad het tyd saam met sy kinders deurgebring. Maar verskeie bronne het aan US Weekly en People.com gesê nie al die kinders wat teenwoordig vir die besoek nie.

Woordvoerders vir Angelina en Brad het nog nie kommentaar gelewer oor die besoek nie, maar die toesigooreenkoms sal later vandeesmaand hersien word.

As deel van die ooreenkoms sal albei sterre individuele berading kry, asook sessies saam met hul kinders en Brad sal lukraak dwelm- en alkoholtoetse ondergaan. Hy het onlangs vrywilliglik ’n soortgelyke toets ondergaan en het negatief vir albei getoets.

© Cover Media