Pretoria –

Suresh Oachim het Sondag die nuwe wêreldrekord ogpestel en die Guinness World Records het dit gesertifiseer. Hy het die vorige rekord van 120 uur en 23 minute met meer as ’n uur verbeter en ’n nuwe wêreldrekord van 121 uur en 18 minute opgestel.

“Ek’s baie opgewonde om ’n nuwe Guiness World Record te kon optstel, veral omdat dit my eerste titel in Afrika is,” het Suresh gesê.

Sy rekord oortref dié van Ashish Sharma van Indië wat vir 120 uur en 23 minute altesaam 48 flieks gekyk het. Suresh het al verskeie rekords opgestel, waaronder die langste kegebal-maraton van 100 uur en het na Suid-Afrika gereis om aan die fliek-maraton deel te neem.

Dit was omtrent ’n uitdaging want deelnemers is slegs ’n blaaskans van 10 minute tussendeur flieks gegun

Dit was omtrent ’n uitdaging want deelnemers is slegs ’n blaaskans van 10 minute tussendeur flieks gegun en die flieks moes minstens 90 minute lank wees.

Deelenemers het in die 10 minute gerus, geslaap of die toilet besoek. Hulle kon nie terwyl die flieks speel vir meer as ’n paar sekondes op ’n slag wegkyk nie.

Tien Suid-Afrikaners het ook aan die maraton deelgeneem. Sheetal Vallabh was die laaste Suid-Afrikaner wat gediskwalifiseer is toe sy Saterodagoggend vir 24 sekondes aan die slaap geval het nadat sy vir 82 uur en 18 minute gefliek het.

Bron: News24