Praat van ’n wonderwerk!

??

A photo posted by Imari Du Plessis (@imagesbyimari) on

Swimming and underwater treadmill at 8am on a Saturday morning. Feel like a soccer mom... #wooflife #dachshundsofinstagram

A photo posted by Imari Du Plessis (@imagesbyimari) on

Imari het ’n oulike video van Giorgio gedeel wat weer leer loop.

Giorgio had a morning of Pilates/Bootcamp/treadmill. His rehab team are superstars!

A video posted by Imari Du Plessis (@imagesbyimari) on

Hul huishulp het op 13 Junie ontdek hul geliefde worshond, ’n geskenk van Faf, is verlam. “Ek het ’n oproep gekry van ons huishulp dat daar fout is met sy voete en toe ek by die huis aankom, was sy hele agterlyf verlam en hy was in pyn,” vertel Imari vir ons.

“Ek het hom dadelik Panorama diere-hospitaal toe gevat, want hy het voorheen ’n rugoperasie gehad so ek het geweet dis dringend en daar is net een diere-spinale chirurg in Kaapstad. Ek was veronderstel om die volgende dag Barbados toe te vlieg.” Giorgio het nog dieselfde maand ’n rug-operasie ondergaan. “Hy moes eers rus en het in die hospitaal gebly en daarna het ek hom versorg by die huis en begin rehabiliteer,” vertel Imari, wat ook ’n sesjarige worshond Bella het. “Hy gaan na ’n homeopatiese veearts, dr. Barry Hindmarch toe vir akupunktuur, spinale inspuitings, laser en spierstimulasie. Hy word ook by die Blue Cross-dierehospitaal in Newlands behandel met hidroterapie/onderwater trapmeul- en fisio- sessies.”

My life right now... Underwater treadmill session and he will only walk for liver biltong... #notvegan #rehab #dachshund

A photo posted by Imari Du Plessis (@imagesbyimari) on

By die huis doen Imari ook oefeninge met Giorgio. Sy masseer hom, sit warm sakke op sy rug en doen ook onder meer fietsry-tipe bewegings met sy bene. “Faf het my baie gehelp die laaste drie weke wat hy daar was. Ons stap met Giorgio in ’n spesiale ‘loopraam’ waar ’n mens sy agterlyf ondersteun omtrent vier keer per dag en hy het dit die meeste van die tyd gedoen sodat ek op tyd kan wees vir die lewe, want ek is gereeld laat deesdae.”

My morning... Rehab with Giorgio #hakunamatata

A video posted by Imari Du Plessis (@imagesbyimari) on

Imari het beslis ’n hart van goud. As sy nie ma speel vir hul twee honde nie, doen sy liefdadigheidswerk vir die Hillsong Africa Foundation. Sy het al onder meer saam met haar goeie vriendin Charlene Engels, die oud-Protea-held Jacques Kallis se meisie, fondse ingesamel vir die Women Against Rape (WAR)-projek. Sy samel ook gereed troospakkies in vir verkragtingslagoffers.

“Ek gaan volgende werk met ’n veiligheidshuis vir vroue wat besluit om nie aborsies te ondergaan nie. Hulle het geen inkomste om dit aan die gang te hou nie,” vertel sy.

Imari en Faf vier in November hul derde huweliksherdenking. En wat is hul geheim vir ’n gelukkige huwelik? “Dis net genade en mens maak ’n doelbewuste besluit om jou huwelik eerste te stel, dis ’n besluit wat jy ook oor en oor moet maak en groei in dit saam.”

Die paartjie het verlede jaar van Pretoria af Kaap toe verhuis en woon tans in Westlake. “Dit was vir my baie maklik om aan te pas. Dit is al my vierde tuisstad, so ek hou van ’n nuwe begin."

En wat geniet sy die meeste van die Kaapse leefstyl? “Om meer tyd in natuur te spandeer. Ek het op ’n plaas groot geword.”