Jy sien dit nou vir die eerste keer! Carina Nel, oftewel Dr. Alexa, van die 7de Laan se pragtige trouvideo.

Sy het verlede maand op Muldersdrift tussen Johannesburg en die Magaliesburg ewige trou aan Deon Nagel, ’n geoktrooieerde rekenmeester, beloof.

Haar droom van ’n troue onder hoë bome het waar geword toe sy Deon in die pragtige tuine van The Oakfield Farm tegemoetgestap het.

Die gelukkige paartjie het onlangs teruggekeer van hulle wittebrood in Mauritius.

Die pragtige musiek in die video is met vergunning van Joshua na die Reën.

Deon + Carina from Fascination Pictures on Vimeo.


Ons harte smelt! Baie geluk Carina en Deon!