’n Raadop hawelose was gereed om sy eie lewe te neem. Maar sy geluk het begin verbeter toe ’n vreemdeling vir hom ’n koppie koffie koop en vra hy moet sit. “Hy het my vertel mense is gewoonlik baie gemeen met hom omdat hy haweloos is, hoe dwelms hom verander het in ’n mens wat hy haat, hy sy ma aan kanker afgestaan het, nooit sy pa geken het nie en net iemand wil wees op wie sy ma sou trots gewees het (en ’n gesprek van nog ’n uur)”, lui die plasing op Facebook-blad Love What Matters. Die vreemdeling, wat ’n student is, moes toe loop. “Chris het gevra ek moet wag sodat hy vir my iets kan neerskryf.”

“Toe hy vir my ’n gefrommelde kwitansie aangee, het hy verskoning gevra vir sy bewerige handskrif, geglimlag en geloop. Ek het sy briefie oopgemaak en dit was dit. ‘Ek wou myself vandag doodmaak; danksy jou het ek nie. Dankie, jou pragtige mens.’”

Meer as 700 000 mense het van die plasing gehou en dit is meer as 200 000 keer gedeel. Dit het ander gebruikers aangemoedig om na vore te kom met hul eie verhaal.

“Daar was ’n paar jaar gelede ’n man by die werk wat besluit het om daardie dag sy lewe te beëindig,” begin Diane Navyac McClellan se kommentaar.

“Toe hy daardie oggend instap, het iemand hom gegroet met: ‘Goeie môre. Hoe gaan dit?’ Hy het heeldag daaroor gedink en van plan verander. Hy het later die persoon wat hom gegroet het, gaan bedank . . . en vir hom die storie vertel. Wat is so moeilik daaraan om te sê: ‘Hallo, TY, verskoon my? Dis net gewone gesonde verstand en vriendelik.”

Gary Edelmann jr., wat ook haweloos is, het sy verhaal gedeel.

“Ek is sedert verlede jaar haweloos. Ek het twee weke lank onder ’n oorbrug gebly. Ek is nou deel van ’n program by die Heilsleër en dit gaan nou beter met my. Het vandag ’n werk gekry en begin môre. My lewe lyk elke dag beter. Ek is nie trots op hoe ek hier beland het nie, maar ek kry myself hier uit met genade van Bo. Ek vra net dat julle vir die haweloses bid en gaaf sal wees.”

Becky Shroyer Rohrback se kommentaar was: “’n Mens weet nooit hoe iets eenvoudigs letterlik iemand se dag – of lewe – sal omkeer nie.”

’n Bietjie vriendelikheid kan baie beteken.

Bronne: Facebook; Metro.co.uk

Lees ook:

Jack Parow kry sy gesteelde kar ná ses jaar terug

Gekoördineerde skiet- en bomaanvalle ruk Indonesiese hoofstad