Jy kan maar sê hulle is Suid- Afrika se eie Bella en Edward. Al is Stefan Ludik geen vampier nie, het ’n Twilight-rolprent hom geïnspireer om sy liedjie I Need to Get Closer te skryf.

Dit was nog voor hy sy hart op die aktrise Amalia Uys verloor het, maar ná ’n stomende fotosessie saam met haar het hy weer aan daardie liedjie gedink. Daarin sing hy: I need to get closer, closer / Till our heart beat becomes one / I need to get closer, closer / Before darkness meets the sun . . .

“Die foto’s is baie kunstig en pas by die gevoel van die liedjie. Met die swart-wit sien ’n mens die ligter en die donker kant,” verduidelik Stefan (32), wat die rol van dr. Gustav Kemp in Binneland vertolk.

Die kontras tussen haar ligte vel en sy donkerder vel het hom herinner aan die liedjie wat hy drie jaar tevore geskryf het. Dit is opgeneem op sy album van 2010, Burn This Town.

Lees Loren Pienaar se onderhoud met die twee verliefdes in Huisgenoot 30 Mei 2013.