Niks is kragtiger as ’n groep eensgesinde mense wat kragte saamsnoer om diegene te help wat uiters kwesbaar is en swaarkry nie. Africa Food for Thought (AFFT) is so ’n organisasie en hulle voed jong verstande en magies.

“Aanvanklik, in Junie 2005, het ons jong kinders en babas in een klein, informele nedersetting op die Wesrand gevoed,” sê Debbie Higgs, ’n stigterslid van AFFT. “Dit was nà ‘n besoek aan ’n crèche wat deur die Metodistekerk geborg is. Die kinders in die crèche het kos gekry, maar die wat nie in die crèche was nie, het buite gestaan en toekyk hoe die ander kos kry. Dit was so ’n hartseer gesig dat dit ons tot aksie aangespoor het.”

AFFT het klein begin, met 6 of 7 vrywilligers en het ongeveer 50 honger kinders een of twee keer per week uit die Higgs se kombuis kos gegee. Die program het soveel welslae behaal dat hulle binne ’n jaar 1200 kinders by twee verskillende laerskole kos gegee het. Die merkwaardige groei gaan steeds voort en AFFT werk tans met meer as 11 000 kinders in 12 skole, 9 kleuterskole, en help met 80 Wesies, Kwesbare kinders-gesinne en ’n aantal gemeenskapsprojekte. .

Die verskil wat hierdie wonderlike span maak, gaan nie net daaroor om honger kinders kos te gee nie. “Ons glo dat ons kinders help om aan die armoedestrik te ontkom,” sê Higgs. “Ons weet deur ons skoolhoofde dat dit eerstens gehelp het om skoolbywoning te op te stoot. Daarna verbeter die fisieke voorkoms van die kinders (minder sere, sit gewig aan) en dan sportdeelname (meer energie). Dan kom die onderwysers agter dat die kinders beter in die klas begin oplet. Mettertyd neem die kinders se selfvertroue en selfrespek toe (hulle deelname in die klas verbeter, ens.). Dit neem alles natuurlik tyd, maar die meeste hiervan kan binne ’n jaar opgemerk word.”

Daar is drie maklike maniere waarop ander betrokke kan raak by AFFT; indien jy in Gauteng woon, kan jy ’n vrywilliger word, as jy buite Gauteng woon, kan jy help om ’n Wesies, Kwesbare kinders-gesin teen R385 per maand te borg en jy kan help deur die woord te versprei en die boodskap van hulp op sosiale media bekend te maak.

Dit is Africa Food for Thought se storie van hulp. As jy graag wil help:

As jy graag wil help, besoek: