Eers het sy dit ontken, maar dit het Dinsdag behoorlik gegons nadat dit bekend geword het die omstrede popster Madonna kan nog twee kinders aanneem. Die Malawiese hooggeregshof het vandag in Lilongwe beslis Madonna kan Esther en Stella, ’n tweeling van dié land, aanneem.

Volgens Mlenga Mvula, ’n woordvoerder van die Malawiese regbank, moet Madonna die hof van ’n huisopname voorsien as een van die aannemingsvoorwaardes.
Madonna kon glo nie ’n glimlag keer toe die hof se beslissing bekendgemaak is nie.

Madonna (58) het in 2006 en 2009 onderskeidelik vir David Banda (11) en Mercy James (11), ook van Malawi, aangeneem.

Sy het twee biologiese kinders – Lourdes (20) en Rocco (16).

Bronne: news.sky.com, af.reuters.com, bbc.co.uk, afp.com/en