Sy storie het die wêreld aangegryp: die Kaapse seuntjie wat radio-jodium-terapie vir skildklierkanker moet ondergaan en ’n spesiale hasie soek om hom te vergesel.

Op Facebook en Twitter het dit gegons.

Almal wou help, want vir klein Nic Henshilwood (9) lê ’n moeilike pad voor. En toe Huisgenoot en ons susterstydskrif YOU se lesers eers daarvan hoor, het die soektog behoorlik momentum gekry.

Nic het toe sy hasies gekry – uit Durbanville en die hele pad uit Pretoria.

Dié hasies moet Rabbit, soos Nic sy speelding noem, vervang wat sy tannie 10 jaar gelede nog voor sy geboorte vir hom by Woolworths gekoop het.

Lees die volle verhaal in die nuutste uitgawe.