Kan jy dit glo? Handelsmerk Suid-Afrika het wraggies in ’n internasionale peiling met drie plekke verbeter en vanjaar beklee ons die 35ste plek uit ’n lys van 50 lande wat jaarliks aan die Anholt-GFK Nation Brands Index deelneem.

A photo posted by SouthAfrica (@southafrica) on

Suid-Afrika het vanjaar opgang gemaak omdat mense se persepsies oor staatsbestuur, die Suid-Afrikaanse samelewing se vriendelikheid, die kultuurerfenis, beleggingsmoontlikhede en toeriste-aantreklikhede verbeter het. Dit is onder meer die kriteria waaraan lande se reputasies gemeet word.

A photo posted by SouthAfrica (@southafrica) on
“Ons ‘nasionale handelsmerk’ is op bewondering vir ons ongerepte natuurskoon gegrond en uit die 50 lande wat aan die peiling deelneem, het dertien vir ons as een van die top 25 lande gestem,” het Kingsley Makhubela, die uitvoerende hoof van Brand South Africa, in ’n verklaring gesê.

A photo posted by SouthAfrica (@southafrica) on

Amerika is die land met die sterkste handelsmerk waarna Duitsland, Brittanje, Kanada, Frankryk, Italië, Japan, Switserland, Australië en Swede die boonste tien plekke op die ranglys voltooi.

BRONNE: gfk.com; fin24.com