Dit sal jou egter baat om doodseker te maak aan wie die e-pos werklik gerig is, want daar is tans ’n virus by Gmail wat verwoesting aanrig by sy outomatiese voltooiingsvoorstelle. Dit beteken dat Gmail moontlik die verkeerde adres vir die ontvanger van jou e-pos kan voorstel. Die virus is aangemeld op die sosiale media en Google is gedwing om verantwoordelikheid te aanvaar. Daar is nie ’n tydraam vasgestel rakende wanneer die probleem reggestel sal word nie, dus word gebruikers aangeraai om versigtig te wees wanneer hulle van die diens gebruik maak.