Talle BlackBerry-gebruikers is met hulle hande in die hare gelaat nadat dié selfoon-reus ernstige netwerkprobleme ervaar het sedert 11:00 Maandagoggend.

Volgens die Telegraph het dié onderbreking Europa, die Midde-Ooste en Afrika geaffekteer.

Die probleem lê glo by Research In Motion (RIM) se hoofkantore.

‘n RIM-woordvoerder was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie. Intussen het talle BlackBerry-gebruikers geen toegang tot die internet, BBM of hulle e-pos nie.

Geen verdere inligting was dadelik beskikbaar nie.

Klik hier om meer te lees.

Volg Huisgenoot op Twitter