surfer flooze

Die swanger Sorina Erasmus, ook bekend as die Flooze van Witbank, het vanoggend die foto op Twitter geplaas met die woorde: “Gister se sonar foto wys dat ons klein Braambulletjie ’n "surfer dude" gaan wees & nie ’n sanger nie... hiehiehie LOL”

“Ha, ja dis ’n foto wat iemand gister vir ons gestuur het,” lag Sorina se man Braam, “dis nie regtig ons sonar foto nie. Maar ons was nounet by die ginekoloog en alles gaan goed. Ons klein Braampie behoort so middel April hier te wees.”