Neale Postlethwaite, ’n Australiese boer, het die toneel verfilm waar die agtpotige Rooirugspinnekop (bekend as ’n Redback) op die Oostelike bruin slang met sy stert in ’n sorgvuldig-gespinde web vasgevang, sit.

Voordat Neale nog sy kamera kon uithaal, het hy reeds gesien hoe die spinnekop die slang in sy dodelike web vasvang. Hy het Saterdag die stryd tussen die twee raakgesien, maar toe hy 24 uur later terugkeer, was die slang reeds dood en die miere was besig om hom op te vreet.

Die byt van die Rooirugspinnekop kan ’n hele klomp nare simptome, soos braking en stuiptrekkings, veroorsaak, terwyl dit bekend is dat die Oostelike bruin slang dodelik kan wees.