’n Strand in Pretoria? Dit kan seker nie wees nie. Nee, jy misgis jou nie. ’n Nuwe strandpardys is binnekort op pad vir gelukkige inwoners van Pretoria.

pretoria-strand

Die multinasionale water innoverings maatskappy Crystal Lagoons het kragte saamgespan met Balwin Properties vir die oprigting en konstruksie van Suid-Afrika se eerste Chrystal Lagoon.

'n Kunstenaarsvoorstelling van The Blyde. 'n Ontwikkeling wat binnekort in Pretoria opgerig sal word.

“Teen 1,5 hektaar (die grootte van twee rugbyvelde) sal Crystal Lagoon ’n sleutel-verkoopspunt wees vir die ontwikkeling en dit sal die eerste lagune wees wat dié unieke konsep en tegnologie in die Sub-Sahara in Afrika ten toon stel,” sê Alastair Sinclair, die streeksdirekteur van Crystal Lagoons in Afrika.

Dit sal strande insluit, asook ’n promenade en ’n eksklusiewe klubhuis vir inwoners. “’n Crystal Lagoon is ’n familie georiënteerde gerief waar geswem en watersport beoefen kan word in ’n veilige beheerde omgewing op ’n volhoubare manier,” sê Alastair.

Die nuwe lagune in The Blyde is een van meer as 600 soortgelyke projekte in meer as 60 lande wêreldwyd, wat in verskillende fases van onderhandeling en ontwikkeling is.

Die lagune sal die eerste van minstens ses soortgelyke lagunes in Suid-Afrika wees wat deur Crystal Lagoons en Balwin Properties opgerig sal word, sê Steve Brookes, die uitvoerende hoof van Balwin Properties.

Só lagune kan met vars, brak of soutwater gevul word en gebruik 2 persent van ’n standaard swembad se filtertegnologie en het 100 keer minder middels wat bygevoeg word.