Polisielede het Maurice Franklin, 45, voorgekeer nadat hy voor verskeie bewegende motors probeer inspring het.

Hulle het vermoed dat Maurice onder die invloed van drank en dwelms was. Hy het glo ook heen en weer geslinger en sy uitspraak was onduidelik.

Toe die polisie sê dat hulle hom gaan arresteer, het Maurice net daar neergeval, in die hondontlasting rondgerol en triomfantlik verklaar dat die polisie hom nie kán arresteer nie, omdat hy “vol honde***” is.

Behalwe dat sy plan sleg geruik het, het dit die arrestasieproses allesbehalwe gefnuik. Maurice is in hegtenis geneem en in aanhouding gehou totdat hy weer nugter was.

Bronne: Yahoo News, timesleader.com