As jy gedink het feeverhale is net vir kinders, dink weer.

Peter Pan en Wendy het in die regte lewe verloof geraak. Tydens ’n opvoering van Peter Pan in Glasgow het Peter Pan Wendy die jawoord gevra.

Sandor Sturbl, wat die rol van Peter Pan in die opvoering in die Hydro in Glasgow vertolk, het aan die einde van die optrede op dramatiese wyse die musiek gestop en sy ewige liefde verklaar aan Lili-Jane Young, oftewel Wendy.

Lily was aanvanklik bekommerd omdat sy gedink het daar is ’n tegniese probleem. Maar toe sy besef was aan die gebeur is, het die 22-jarige aktrise in trane uitgebars.

Sandor het vooraf met die verhoogspan gereël om die optrede te onderbreek sodat hy die groot vraag kon vra.

Sy het natuurlik “ja” gesê.

Kyk die video hier:

Bronne: YouTube, dailyrecord.co.uk