Kan dit waar wees?

Stephen Currie (40) was 15 kg ligter toe hy Donderdag 10 km van sy tuisdorp, Chillagoe, in Queensland gekry is. Hy het op 29 Desember verlede jaar vermis geraak.

Stephen het aan die polisie gesê hy het sy woonwa verlaat om te gaan stap en op pad terug die pad byster geraak, berig die Cairns Post.

’n Inwoner het hom op ’n bospad gekry. “So by my kool, ek het gedink hy is weg,” het ’n polisiekonstabel, Vince Marcel, aan die Cairns Post gesê.

“Hy het net ’n kortbroek aangehad – geen skoene, geen hoed, en geen proviand nie.” – Sapa.