Met ’n reeks misdade soos onwettige wapenbesit en betrokkenheid by bendebedrywighede sou jy verwag dat mense min ooghare het vir Jeremy Meeks, ’n misdadiger van Kalifornië in Amerika.

Maar Jeremy se potblou oë en sterk kakebeen is klaarblyklik genoeg om almal van sy misdrywe te laat vergeet, want hy is so aantreklik dat lede van die publiek nou selfs sy borgtog wil betaal.

Nadat dit rondgestuur is, het Jeremy (30) se polisiefoto die afgelope week op die internet opslae gemaak; hy is die “hot convict” gedoop.

Sy borgtog is op R11 miljoen vasgestel, en nadat Jeremy se ma ’n aanlyn fonds vir hom gestig het, het vrywilligers al R38 500 ingesamel.

Sy misdaadgeskiedenis ten spyt, wat ’n vonnis van twee jaar vir motordiefstal insluit, is daar modelagentskappe wat na bewering gesê het hulle sal hom ’n modelkontrak aanbied.

Bronne: Huffington Post, TMZ