Ons meen daar is twee soorte selfies: die gewone, waarin die alledaagse uitgebeeld word, en die buitengewone, wat iets ongeloofliks en ongewoons uitbeeld.

Hier is nou ’n selfie wat so buitengewoon is, dis amper anderwêrelds:

An EVA selfie. The space suit makes it very difficult to get a good selfie. I tried several today. pic.twitter.com/GvMEOj3ewu

— Rick Mastracchio (@AstroRM) April 23, 2014

Die Nasa-ruimtevaarder Rick Mastracchio het dit gister tydens ’n ruimtewandeling op die Internasionale Ruimtestasie geneem.

Hy is aktief op Twitter, waar hy foto’s van verskeie plekke twiet.

Hier is hy net nadat hy sy ruimtepak herstel het:

Worked 8 hours in airlock replacing pump in spacesuit. Many very small pieces which makes tough work in 0 G pic.twitter.com/I4kFrFm2jw

— Rick Mastracchio (@AstroRM) April 14, 2014

Welgedaan, Rick1 Jy het een van die heel koelste selfies geneem.

Bronne: oxforddictionaries.com, twitter.com/AstroRM