Elisma Theron het vanoggend uitgevind dat sy en haar man, Nico Grobbelaar ‘n dogtertjie verwag.

“Ek is nou veertien weke en vier dae swanger en het vanoggend my vierde sonar gehad en toe sien ons dit is ‘n dogtertjie,” vertel Elizma opgewonde.

Nico kon ongelukkig nie saamgaan nie, maar Elizma het hom onmiddellik laat weet en hulle altwee is in die wolke.

“Ons het nie enige voorkeure vir ‘n geslag gehad nie en is baie bly dat sy 100% gesond is en dat alles glad verloop. Dis wondelik om haar hartklop te hoor en te sien hoe sy rondswem en spartel elke keer as ek gaan vir ‘n sonar.

Sy is baie besig,” sê Elizma wat fantasties voel en glad nie eers moeg raak of sukkel met oggend naarheid nie. “Al ding wat gebeur het is dat my bortse ‘ontplof’ het,” lag sy.

Die verwagte geboorte datum is einde Feburarie of begin Maart 2014. - Suzanne Venter Lees ook: