Die hertogin van Cambridge het geboorte aan 'n seun geskenk wie nou die derde aanspraakmaker is op die Britste troon. Volgens paleisbeamptes het Kate 16:24 gekraam en die baba weeg 3,8 kg. Prins William was aan haar sy toe hul eersteling die lewenslig in die St Mary’s-hospitaal in Londen gesien het. Kate het geboorte geskenk in die Lindo-vleuel, waar prinses Diana ook aan William en prins Harry geboorte geskenk het.

Die naam van die pasgebore prins van Cambridge is nog onbekend.