Sean Else, die musiekvervaardiger en voorheen lid van die groep Eden, se vrou, Carla, verwag.

Die paartjie het onlangs die swangerskap op Facebook aangekondig.

Carla is 12 weke swanger. “Ons het op ses weke uitgevind sy is swanger, maar ons wou dit stilhou tot ons geweet het die eerste trimester is verby. Ons is baie gelukkig,” vertel hy.

Die baba word in September verwag.

“Ek gee regtig nie om of dit ’n seun of meisie is nie. Dit maak nie saak nie. Dit is net so ’n mooi geskenk van die Here af,” vertel hy opgewonde.

Baie geluk julle twee!

- Lara Atson