Ons weet byvoorbeeld Prins Charles en die koningin betaal die grootste deel van die rekening en dat die Middletons ook bydra.

En dis ‘n allemintige rekening: daar word geraam dat die troue tussen R385 miljoen en R440 miljoen (35 miljoen – 40 miljoen pond)  kos.

Dit is heelwat meer as wat Diana en Charles se troue die koningin gekos het (R330 miljoen / 30 miljoen pond), maar dit was darem dertig jaar gelede.

Die Britse belastingbetalers dok op vir die veiligheid en vervoer van die pasgetroudes. Dis oorspronklik beraam dat dit die Britse publiek sowat R55 miljoen (5 miljoen pond) sou kos, maar daardie bedrag het intussen gestyg tot sowat R220 miljoen (20 miljoen pond).

Omdat vandag in Brittanje ‘n openbare vakansiedag is, kry al die veiligheidspersoneel dubbele salaris vir die dag se werk.