Die owerheid het op die OR Tambo internasionale lughawe naby Johannesburg beslag gelê op sowat 230 paddas wat vir Viëtnam bestem was.

Die paddas het Woensdagmiddag by die dieretuin aangekom, het Tracy Rehse, bestuurder van diereversameling by die Nasionale Dieretuin in Pretoria, gesê.

“Ons het 80 brulpaddas en 140 reënpaddas. Tien van die reënpaddas het gevrek.”

Lees ook: Dwelmsmokkelaar-veearts plant heroïen in klein hondjies

Die brulpaddas kon vir amper R1 200 elk en die reënpaddas vir nog meer verkoop word, sê André Prins, ’n bewaarder by die reptielpark.

Daar is op die paddas, wat volgens die eienaar in aanhouding geteel is, beslag gelê omdat daar ’n probleem met die eienaar se permitte was. Hulle was waarskynlik bestem daarvoor om troeteldiere te word.

André sê dieretuinbeamptes sal toetse op die paddas uitvoer voor hulle vrygelaat kan word.

Lees ook: Dwelmgevangenes word dalk krokodilkos

“Ons sal hulle in ander hokke moet plaas sodat hulle beter omstandighede kan hê. Hulle sal ook herklassifiseer word en ons moet wag op die hofsaak om te beslis of dit wettige handel was of nie,” sê hy.

Bron: News24