In net vier dae het Chris Picco sy vrou en sy seun verloor. Sy vrou, Ashley, is op 8 November dood; hul pasgebore seun is met ’n noodkeisersnee die wêreld ingebring en het net drie dae gelewe. In Augustus het Chris en Ashley hul sewende huweliksherdenking gevier deur ’n foto op Facebook te plaas. In die foto staan hulle weerskante van ’n paar babaskoene. “Coming soon” staan daar bygeskryf. Dit is steeds Ashley se dekfoto. Ashley was net ’n paar uur ’n ma voor sy oorlede is. In huldeblyke het familie en vriende geskryf sy “laat harmonieë agter wat steeds in ons harte en geheue sal weerklink”.
Lennon James is drie maande vroeg gebore en “het om sy lewe geveg”, het Chris geskryf. Al het Chris oor Ashley gerou, het hy dié bedank wat na hom uitgereik het.
'My vrou, my beste vriend en die ma van my kind, is dood.'

“Dit is onmoontlik om die afgelope paar dae se gebeure op te som,” het hy gesê. “My vrou, my beste vriend en die ma van my kind, is dood. Ek het ’n leeftyd om daardie verlies te treur, maar ek weet sy sou wou hê ek moet volkome fokus op baba Lennon James Picco.”

Woensdag het ’n vriend ’n video gedeel van Chris in die hospitaal waar hy vir Lennon sing.

Die liedjie wat Chris gekies het, Blackbird, is geskryf deur John Lennon en Paul McCartney toe hulle nog saam in die Beatles was.

Bronne: USA Today, Buzzfeed, YouTube, Facebook