Inwoners van New York in Amerika hoef nie meer met ’n bitter smaak in hul mond die OTM te verlaat nadat hulle geld getrek het nie.

Want Sprinkles Cupcakes, ’n OTM wat kolwyntjies pleks van geld toedien, het pas sy deure geopen.

Teen sowat R45 kan kopers ’n kolwyntjie by die pienk masjien in Lexington-rylaan in Manhattan koop. Jy kan boonop kies tussen ’n reeks geure, onder meer vanielje en piesangsjokolade én die OTM is 24-uur ’n dag oop.

’n Meganiese arm lig dan ’n boksie waarin jou kolwyntjie is en gee dit vir jou aan. Die kolwyntjies word deur die loop van die dag aangevul.

-          Mieke Vlok

Bronne: Wall Street Journal, Business Insider, The Telegraph

[post-slider]