Die organisasie het die afgelope 17 jaar al honderde kinders en hulle gesinne van oral oor Afrika gehelp om die verpletterende gevolge van brandwonde te hanteer.

Die organisasie reël ingewikkelde chirurgie, arbeidsterapie en onderrig vir kinders wat met opset of per ongeluk verbrand het. Deur openbare bewusmaking, probeer hulle om brandbeserings in Suid-Afrikaanse gemeenskappe te voorkom en verwittig mense van hoe hulle die vinnigste en bes moontlike behandeling kan kry vir kinders wat verbrand het.

Omdat die liefdadigheidsorganisasie besef dat die sosio-ekonomiese uitdagings van Suid-Afrika tot die hoë voorkoms van brandwonde onder kinders lei, voed hulle gemeenskappe in informele nedersettings op oor die gevare van en maniere om brande te voorkom. Die opvoedkundige veldtog het gelei tot die vorming van die UMashesha ‘quick mover’-inisiatief. Die idee is om mense bedag te maak op gevaar wat verhoed kan word. Wanneer mense eers opgelei is in noodhulp en brandbestryding, is die visie om hulle verdere vaardighede te leer wat hulle in werklikheid openbare opvoeders en gemeenskapveiligheidswerkers maak.

In ? wêreld waar mense beoordeel word op grond van hoe esteties welgevallig hulle lyk, bevorder die organisasie die aanvaarding van fisieke verminking deur middel van mediaveldtogte en opvoedkundige praatjies.

In ? poging om selfbeeldkwessies te hanteer waarmee baie brandwondslagoffers sukkel, neem die organisasie ook tienerbrandwondkinders op staptogte na die Drakensberg en die Magaliesberg in Suid-Afrika, asook na die bopunt van Kilimandjaro in 2007 en die piek van Kameroenberg in 2011. Die avonture help die tieners besef dat hulle enigiets kan doen waarop hulle hulle toelê en om lewenslange vriendskappe te smee tussen internasionale brandwondslagoffers.

Een van die Children of Fire se mees ambisieuse plannne is om ? Place of Miracles-hospitaal in Botswana op te rig wat toegewy is aan die behandeling van pediatriese brandwonde. Daarbenewens hoop hulle om aan die einde van 2013 of vroeg in 2014 ? chirurgiese uitreikingsveldtog in die DRC te hou.

Jy kan ook help, vanaf ouderdom 16 tot 80, as jy vra vir ? vrywilligervorm per epos en jou verbind tot ? vaste drie maande van hulp op gebiede soos onderwys, mediese navorsing, artikelskryf of wetlike navorsing oor menseregte. Toegewyde vrywilligers kry die geleentheid om ver te reis.

Om meer stories soos hierdie te lees, besoek www.youcanhelp.co.za

As jy wil uitvind hoe jy kan help, kontak: The Children of Fire-span:

Children of Fire
(t) 011 726 6529
epos: firechildren@icon.co.zaweb: www.firechildren.org

http://www.blog.fnb.co.za/2013/06/getting-girls-stuff-can-help/