“Vier jaar gelede het ek ’n bemarkingsmaatskappy gehad en baie kontant verdien, maar ek was nie gelukkig nie. Ek het daaroor gebid en gevoel dat ek met kinders moes begin werk. Ek wou ’n verskil maak aan mense wat jou nie kan terugbetaal nie; kinders waardeer alles.”

Toys for Africa gaan soek daadwerklik na kinders by plekke soos skole, skuilings en weeshuise wat na kinders omsien en hulle kos gee. Hulle stuur dan vir die kinders ’n katalogus met 31 speelgoed waaruit hulle self een kan kies wat hulle wil hê. Wanneer hulle die versoeke ontvang het, soek Danie en sy span na borge om dit te laat gebeur.

“Ons sien speelgoed in ’n breër lig as die meeste ander mense. Dit kan enigiets wees wat tot die verstandelike, fisieke en emosionele ontwikkeling van ’n kind kan bydra.”

Hoewel die katalogus legkaarte, klei en ’n telraam insluit, is iets so eenvoudig en nodig soos ’n tandeborsel ook by die opsies ingesluit. Dit verg maar gemiddeld R8 om ’n minderbevoorregte kind vreugde te verskaf en met sy ontwikkeling te help. Die meeste borgskappe is in die omgewing van R1000 en ’n bietjie liefde strek baie vêr – en die feit dat Toys for Africa al meer as 79 900 speelgoed weggegee het sedert die organisasie in 2010 gestig is, is duidelike bewys hiervan.

Danie het ’n slim plan bedink om die borge te kry. Hy werk saam met ’n paar beroemde ambassadeurs wat een keer ’n jaar saam met hom reis wanneer hy die geskenke persoonlik uitdeel – 6 dae, 32 haltes en ’n verskillende optrede of boodskap aan elke groep. Sommige van hierdie gesigte sluit in Donnalee Roberts, Lloyd Cele, Matthew Booth, Heinz Winckler, Xola Ntshinga en Candice Boucher.

Maar jy hoef nie beroemd te wees om te help nie.

“Daar is te veel agt- tot 12-jariges wat oor kos en veiligheid bekommerd is. ’n Kind behoort nie daaroor bekommerd te wees nie. Kinders moet speel en pret hê. Bid vir ons, sê vir almal van almal, besoek ons bladsy. Sê vir jou vriende en familie om ons te besoek. Iewers is daar iemand wat jy ken en wat kan help.

“Dit is Danie se storie van hulp. As jy wil help:

 

Danie van Loggerenberg

(t) 012  644 0116

(s) 082 303 7088
epos: toysforafrica@twincitiessa.org

facebook: www.facebook.com/toysatheart

twitter: @ToysforAfrica

  #YouCanHelp As jy wil help, besoek: