Maar Palestyne het met ’n nuwe weergawe daarvan vorendag gekom: Hulle gooi ’n emmer vol bourommel (oorblyfsels van geboue wat gebombardeer is) oor hulle ter bewusmaking van die politieke situasie in Gasa.

Die Palestynse joernalis Ayman al-Aloul en die komediant Mohammed Darwaza van Jordanië het die Rubble Bucket Challengeuitgedink en twee video’s op die internet geplaas waarin hulle dit doen.

Ayman sê in die video: “Ons het nie water nie, maar dié het ons wel.” Hy staan langs ’n emmer vol klipafval tussen vernielde geboue, wat deur die konflik tussen Palestina en Israel beskadig is.

In nog vreemde weergawes van die uitdaging het die akteur Matt Damon toiletwater oor hom gegooi om die kwessie oor die tekort aan skoon water in ontwikkelende lande uit te lig.

In Indië het die joernalis Manju Latha Kalanidihi die Rice Bucket Challenge begin deur ’n emmer vol rys te maak, dit vir ’n behoeftige persoon te gee en ’n foto daarvan op die internet te plaas met die hutsteken #RiceBucketChallenge.

Op ’n ligter noot  is hier ’n video van ’n vrou wat die Ice Bucket Challenge op die rug van ’n perd doen.

Bronne: Independent.co.uk, Time.com, Dazeddigital.com