’n Geskenkkaart word as beloning aangebied vir die suksesvolle voltooiing van die vraelys.

Die peiling word egter glad nie deur die betrokke winkelgroep, Woolworths, onderneem nie. In ’n verklaring op hul webtuiste het Woolworths gesê: “Ons is bewus van die ‘Customer Satisfaction Survey’ waarin ’n Woolworths-geskenkkaart as prys aangebied word as die peiling voltooi word. Hierdie ‘survey’ word nie deur Woolworths onderneem nie. Ignoreer dit asseblief.” Sommige selfoongebruikers het 'n soortgelyke boodskap ontvang wat weer Shoprite-geskenkbewyse aanbied. Verskeie mense het hul misnoeë op sosialemediaplatforms uitgespreek oor die slenter waarin ’n SMS aan die gebruiker gestuur word. Dit noop jou om ’n bisarre reeks vrae te beantwoord. Sodra jy klaar is, word jy herlei na ’n blad waar jy die boodskap met 10 van jou vriende op die gewilde klets-app WhatsApp moet deel.

Die skok kom wanneer jy jou selfoonnommer en adres moet invul om die gratis “geskenkkaart” as prys te ontvang.

Sodra jy jou selfoonnommer intik, verbind jy jouself tot ’n subskripsie wat ’n allemintige R7 per dag van jou lugtyd vreet.

Bronne: Citybuzz.co.za; Twitter