[caption id="attachment_116704" align="alignnone" width="600"]Illse Roos (Foto: Verskaf) Illse Roos (Foto: Verskaf)[/caption]

Die veteraanaktrise Illse Roos het reeds aan die begin van 2016 by die Suidooster-familie aangesluit, en sal vir die eerste keer op 9 Maart haar verskyning op die kassie maak. Haar karakter in Suidooster is Rita du Plooy, Chris (Marcel van Heerden) se vervreemde vrou en Tim (Marco Spaumer) se ma.

Lees ook: Marco oor daai Suidooster-soen – en 5 dinge wat lelik kan skeefloop

Rita was vir ’n tyd lank in die hospitaal en kykers het natuurlik reeds begin gis oor waarom.

Illse, wat deesdae saam het haar gesin in Kaapstad woon, is ’n gesoute sepie-aktrise en sy was onder meer vir langer as tien jaar in Egoli en sy het ook ’n prominente rol in 7de Laan gehad.

“Illse is ’n uitstekende aktrise en in ’n liga van haar eie,” sê Kaye Ann Williams, toesigvervaardiger van kykNET, wat Suidooster vervaardig.

“Haar elegansie en professionaliteit is ’n aanwins vir enige produksie. Ons voel regtig geëerd om so ikoniese aktrise in Suidooster te verwelkom.”

Illse is baie opgewonde om by Suidooster betrokke te raak, veral omdat sy nou in Kaapstad só geleentheid kry.

Lees ook: Suidooster se Oom Fasie: Vind só liefde met ’n selfie

“Dis ’n heerlike rol wat my op my tone hou. Ek ry langs die see en aan die voet van Tafelberg werk toe... Ek kan beslis nie hieroor kla nie!” sê Illse.

Oor haar karakter en dié se motiewe wil sy nog nie veel sê nie, behalwe dat Rita beslis "kompleks" is.